


Strauss se ander groot liefde, dié van musiek maak, liedjies skryf, en stories vertel, is iets waarmee hy al ook baie lank besig is.


wanneer hy na die granaatboom by die agterdeur kyk, is dit of daar engele in die blare dans en die boom sy rooi vrugte as liefdesoffer aanbied ...


Vader ek staan voor U
Gestroop van alle eer
my hart in my hand
Opgedra aan u
Vader u ken my
my vrees en harde lag
As ek na die wereld kyk
Met twyfel in my hart
Ek staan kaalvoet in gebed
Want u ken my binnenste
Soos elke ster in die hemel
Elke klip in die berge
Elke stroom wat vloei in die see
Ken U my naam en van
Vader ek loop die pad
En dwaal soms af
Maar u glo in my
Elke dag, elke uur
Vader hou u oog
Waar my voete loop
In onbekende velde
Volg U my spoor

Woorde: W Strauss Musiek: R Colyn
Ek maak die deur oop en nooi jou oor die welkommat
Die ketel fluit sy welkom deuntjie vir tee
Ek krap ons datum met n mes op die tafelblad
Vryf my vinger oor die seer en mooi
Ek drink my tee uit n Royal Albert koppie
Koor:
Jy is my kombuis, waar ek rooibostee drink
Jy is my gang met foto’s van onthou
Jy is my kamer waar ek veilig voel
Jy is my sitkamer waar ek kaggel brand saam met jou
Jy is my huis, my vesting
waar ek net myself kan wees
N katlyf skuur en vryf teen my, hy is so sag soos sy
Elke katlyf ken sy plek
In die tuin tussen die rose het vrede kom nesskop
Ek loer deur die vensters van ons huis
My wens vir jou, is engele op jou pad
Koor:

Aandblom
Woorde: W Strauss Musiek Henry-John Williams
Dit was n gewone vrydagaand
N wintersaand in vroeg Julie
Sterre elkeen op hul plek
Waar hul eeue gelede geplant is
Die einde van n week
Motorligte ken elkeen hul roete
Na waar vriende ontmoet
En harde lag vol belofte stiltes vul
Ek tel roosblare op
Een vir een
Plak hulle bymekaar
En stadig vorm hulle n roos
Wat in die donker
sal blom
Sal roos wees
Sal hoop bring
Om weer voluit te blom
Skielik word die nag donkerder
My keel trek toe
waar lag en belofte was
Het vrees kom nesmaak
Kruitklap(skote) vul die stille nag
N roos lê stukkend
Tussen gebroke eggo's
Lê spierwit vere vol hoop

Slaap jy?
Lirieke: W Strauss Musiek Henry-John Williams
Ek blaai deur n boek,
En ek hoop ek lees vir vaak raak
tussen bladsy 4 en 10
Lê die nag se geheim
Ek sien jou lyf se lyne
En n kat lê opgekrul teen jou lyf
Word spin geluide my mantra
In die nag se stilte
Koor:
Hey. Slaap jy?
Skies. Slaap jy?
Ek wou net vir jou sê
Ek is baie lief vir jou
Waar jy nou hier langs my lê
Hey. Slaap jy?
Skies. Slaap jy?
Ek het Vergeet om vir jou te sê
ek rerig lief vir jou
Ek wou dit vir jou sê
Ek dra jou saam met my
In die boonste sak van my hemp
Naby kamers van my hart
woon jy nou permanent
Die donderweer se blitse
Voer gesprek net voor slapenstyd
Terwyl die pad van die sterre
Hul roete ken na jou